Lees Deel 1 hier.
Die eerste ding wat jy moes gedoen het as een vannie skrywers is agree op hoe julle die song opsplit.
n Tipiese voorbeeld van n solo rapper is dat die man wat die lirieke geskryf het kry 50% en die man wat die beat gemaak het kry 50%. Dai is maklik genoeg want n song is gewoonlik musiek en lirieke, maar dit is nie n reel nie. n Man wat naam het soes n famous rapper, sanger of beatmaker kan miskien voel dat hy ‘n groterer invloed het oor die sukses vannie song en kan meer as 50% wil vat.
As iemand miskien feature op jou song en hy n verse skryf, of hy die keyboard speel of wat oek al, moet julle weer besluit hoe die splits gat werk.
Onthou, publisering het niks te doen met performance nie, en hier praat ek nie van oppie stage perform nie, hier praat ek van in die recording proses; die performance innie studio wat op die recorded song sal verskyn. Performance op ‘n song is heeltemaal ‘n ander topic op sy eie.
Byvoorbeeld, as iemand anders uitstiek wat mooi kan sing om die chorus oor te sing of te rap, sal daai persoon nie noodwendlik n deel vannie publisering kry nie. Die persoon wat die chorus geskryf het hou sy persentasie van die publisering, cos why, publisering is net met skrywers te doene. As die sanger die chorus change in n way dat amal happy is ennit bietere klink, kan die sanger n klein persentasie negotiate. Technically, het hy die chorus oorgeskryf want die melody is nou different, en melody is deel van musiek skryf.
Die mees belangrike ding hier is dat sodra amal agree, sal alles cool wies.
Skryf alles neer en amal moenit sign. Dit hoefie n fancy kontrak te wees nie. Solank it erens neergeskryf was en amal n copy gekry het, sal dit fine wies.
Die next step is om die song te registreer by SAMRO. Hulle kry die naame van alle songs wat op die radio speel, by feeste speel en soe aan, en royalties word betaal aan alle skrywers van dai songs. As hulle nie jou song op hulle boeke het nie, kan hulle nie die skrywers van jou song betaal nie. As jy ‘n skrywer is, sal jy mos jou geld wil kry. Elke song wat speel verdien iets vir elke keer dit speel, soe elke keer jou song oppie radio speel ennit nie geregistreer is nie, verloor jy geld. Dai is baie maklik om te verstaan – maak vesieke dat elke song geregistreer is voor jy dit op enige CD sit en voor jy dit uitgee!
Jy kannit self doen of jy kannit deur n musiek-publiseerder doen.
‘n Musiek-publiseerder kry basically al die skrywer info van elke song en sorg na al die admin, papierwerk, kommunikasie met SAMRO en uitbetaling na skrywers in verband met die publisering van jou songs. Hulle sal al die werk vir jou doen vir n persentasie van die publisering en die hoeveelheid en details daarvan sal in n publiseerders-kontrak verskyn.
Hulle sal ook n skrywer n kontrak offer as hy/sy n baie goeie skrywer is om die songs vir famous kunstenaars te gee en record. Die benefit hier is dat dit n guarantee is dat jou song groot sal wees en baie spins oppie radio, op tv en soe aan kry, en elke spin is kroon in jou sak. Dit is baie skaars en net goeie skrywers wat baie en goeie hit songs skryf sal sukke offers kry.
As ‘n independent skrywer kan jy jouself jou songs registreer. Allie vorms is op SAMRO se website wat jy moet invul en instuur.
Maak Mekaa Sterk!
Dokte
Yo dokte ! Ek release binnekort my mixtape…. But ek heti original beatsie…. But lyricly is als my eie. Kan ek sukke songs oek register ? Obviously het eki d rights vi dai niggaz se beats wa op ek rapi! So hoe kan ek te werke gan op su I manier ?
Awe, jy kannie dai songs register soes dai wat jy gedoen het nie, jy kan net original musiek register.
Ma jy kan die mixtape gebruik as promo musiek om naam te maak ja, solank jy it nie verkoop nie, sal dit orite wies bra.
Salut!