Ok, soe jy’s die beste rapper. Jou flow is tight, jou lirieke is crazy en jy sal n mic opskeur. Amal tel op vir jou en jy maak net hits. Jy is die ou.
Miskien is jy nie n rapper nie, miskien maak jy beats. Die beste beats. Jy maak ‘n beat soema in 5 minute en amal wil n beat van jou kry. Jou beats doema. Jy is die ou.
Righto… hie kom MC Getsbie en hy het ‘n record deal of miskien het hy geld. Hy check jou number uit en hy dink dis tight. Hy wag lank vir soe ‘n number.
Nou vat hy die number studio toe en hy se dat die producer moet daai selle beat maak. Hy los die chorus net soe, maak n paar changes met die lirieke, record alles en betaal die producer. Next, skiet n tight video virrie number ennie single kom uit. Na twee maande kom die album uit en hy verkoop 20 000 CD’s, hy perform elke week landswyd en nex ding is hy soema oorsee op n toer. MC Getsbie is nou ‘n superstar.
Maar dai was mos jou lirieke. Of dai was mos jou beat. Dan nie? Dai man herrit gesteel.
Kan jy dit prove? Regtag? Hoe gaan jy it in ‘n hof bewys? Fruityloops files gattie werkie. Ou recordings gattie werkie. Kwaad raak, baklyery en diss numbers gattie werkie. Die feit is dat dai man n paar miljoen gemaak het van jou song, klaar warrit soe is. Is jy nogsteeds dai ou? Nou lyk jy mos dom. Wat moes jy gedoen het? Hier is waar publisering inkom.
Teveel van os innie afrikaans hiphop en rap game verstaan nie hoe publisering werk nie en die belangrikheid daarvan nie. Amal wil net numbers maak want dis wat os enjoy. Dai is cool ma rappers en beatmakers moet die tyd vat om die admin te doen, om die song, of n deel van die song, te register met jou naam as die skrywer of een vannie skrywers.
Dis n baie belangrike deel van ‘n musiekant se werk wannit wys op n legal way wie het die regte op n song. Die mense wat die regte op n song het, het ‘n se oor alles van daai song – wie it kan record, hoe it moet klink en of da kan changes gemaak word of nie. Mees belangrik: hoe geld kan verdien word met die song.
As jy innie musiekbedryf wil wies, en as jy nie innie selle situation soes meneer beste rapper of beste beats hierbo wil opeindig nie, izzit ‘n moet dat jy jou publisering storie verstaan.
Die release van n song het baie deele – die skryf vannie song, die performance vannie song, die production vannie song, ensovoorts. Publisering is net betrokke met die skryf van ‘n song – wie die skrywers is. n Skrywer is ‘n mens, of n groep mense (skrywers), wat ‘n song skryf.
‘n Song het gewoonlik twee deele wat geskryf word – die musiek en die lirieke. Dis ook hoe die naame van die skrywers op ‘n song ge-register is.
‘n Rapper sal gewoonlik sy eie lirieke skryf, maar dit kan ook wees dat miskien het iemand anders die chorus geskryf, of saam die rapper geskryf het. Nie noodwendlik wie dit gesing het nie, maar wie dit geskryf het. Almal wat lirieke contribute kry n persentasie wat almal moet agree op.
Die ou wat die beat maak, wat die keyboard speel of watever, het technically die musiek geskryf. Hy kry ook n persentasie van die regte van die song.
Kyk uit vir Deel 2…
Maak mekaa sterk!
Dokte
No Comments